Kolorektale kanker

Kolorektale kanker
Klassifikasie en eksterne bronne
Diagram van die laer maagdermkanaal.
Diagram van die laer maagdermkanaal.
ICD-10 C18-C20/C21
ICD-9 153.0-154.1
OMIM 114500
DiseasesDB 2975
MedlinePlus   000262
eMedicine med/413med/1994 ped/3037
Mediese waarskuwing

Kolorektale kanker (ook bekend as kolon-, rektale of dikdermkanker) is ’n kanker in die dikderm of rektum (dele van die kolon).[1] Dit ontstaan weens die abnormale groei van selle wat die vermoë het om na ander dele van die liggaam te versprei.[2] Tekens en simptome sluit in bloeding in die stoelgang, ’n verandering in toiletgewoontes, gewigsverlies en ’n langdurige gevoel van moegheid.[3]

In Suid-Afrika kry een uit elke 97 mans en een uit elke 162 vroue kolonkanker, volgens die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa). Kolonkanker is een van die vyf algemeenste kankers onder mans sowel as vroue wêreldwyd, en in Suid-Afrika word minstens 2 500 nuwe gevalle jaarliks aangemeld.[4]

  1. "Colon Cancer Treatment (PDQ®)". NCI (in Engels). 12 Mei 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2015. Besoek op 29 Junie 2014.
  2. "Defining Cancer". National Cancer Institute (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2015. Besoek op 10 Junie 2014.
  3. "General Information About Colon Cancer". NCI (in Engels). 12 Mei 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2015. Besoek op 29 Junie 2014.
  4. Kolonkanker: ken die gevaartekens, Health24

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy